Voorverhit die oond se roosterelement.

  • Koeskoes: Plaas die koeskoes in ’n middelslagbak en giet net genoeg kookwater oor om dit te bedek. Sit kleefplastiek oor die bak en laat 10 min. staan tot al die water geabsorbeer is. Verwyder die kleefplastiek en maak die koeskoes met ’n vurk los. Voeg die olie, suurlemoensap en komyn by, geur met sout na smaak en roer deur.
  • Harissa: Rooster die komyn- en koljandersaad 2 min. in ’n droë braaipan oor matige hitte tot geurig. Skep dit in ’n bakkie of vysel en kneus met ’n stamper saam met die brandrissie, knoffel, pa­­­­­­­prika, olie, tamatiepasta en ’n bietjie sout en peper tot ’n growwe pasta.
  • Lamsvleis: Smeer die harissapasta aan albei kante van die steaks en plaas dit op die rak van ’n oondroosterpan. Rooster 4-6 min. aan elke kant tot bruin aan die buitekant en nog pienk aan die binnekant.
  • Afronding: Skep ’n paar lepels koeskoes op elke bord en plaas die steaks bo-op. Skep ’n skeppie jogurt oor die vleis en rond af met die koljanderblare. Indien verkies, kan jy selfs ’n bietjie harissa-­pasta deur die jogurt roer en apart voorsit.