• Marinade: Meng al die bestanddele vir die marinade en laat lê die vleis verkieslik oornag, ander­sins 4 uur, daarin.
  • Vark: Verwyder die vleis uit die marinade, druk effens droog en geur met die sout en peper.
  • Ryg aan stokkies of metaalpenne. Braai in ’n riffelpan of oor matige kole tot net gaar maar nie droog nie. Verf af en toe met die marinade. (Jy kan dit selfs in die oond gaarmaak.)
  • Mayonnaisesous: Druk die knoffel en ui saam met ’n bietjie sout tot ’n pasta in ’n vysel en voeg die res van die bestanddele by. Meng goed.
  • Vir voorsit: Braai ’n pita in ’n pan tot warm en uitgepof, sny ’n kantjie af en maak oop.
  • Pak van die blaarslaai, ui, tamaties en komkommerskyfies in, trek die vleis van die stokkie af en pak bo-op.
  • Skep ruimskoots van die slaaisous oor en sit onmiddellik voor.

Iets anders met kebabs: Stroop die blokkies vleis van die vleispenne en vul ’n pita.

BESTE WAARDE VIR GELD

Die bekostigbaarste snitte

  • Pootjies
  • Varkboud met been – ekonomiesste en veelsydigste snit
  • Skenkel
  • Skouer/nek – sappigste en sagste snit; kan in steaks gesny word of heel (ook gevul in oond of gepotbraai); beste snit om blokkies vir Oosterse geregte of kebabs uit te sny
  • Kruisstuksteaks (Porterhouse-steaks word ook uit kruis gesny)
  • Ghoelasjblokkies (uit die boud gesny)
  • Roerbraairepies
  • Varkliesrepies
  • Maer maalvleis

Duurste snitte 

  • Filet 
  • Lendetjops 
  • Braairibbetjie (hoewel nie duur per kilogram nie, benodig ’n mens baie per porsie) 
  • Ribtjops 
  • Varklies

Wenk

Dikwels word van die beste varksnitte nie in die winkeltoonbank uitgestal nie.

Die slaghuispersoneellede sal met graagte vir jou die varksnit van jou keuse uit die regte deel van die karkas sny.

Moenie bang wees om dit vooraf te bestel of daarvoor te vra nie; dis altyd die moeite werd.