Week 4-6 kebabstokkies minstens 30 min. in kookwater. 

  • Haal die kebabstokkies uit die water. Ryg die varkblokkies en uielobbe om die beurt aan die stokkies en pak in 'n niemetaalbak.
  • Marinade: Meng al die bestanddele goed en smeer oor die kebabs. Laat minstens 2-3 uur of oornag in die yskas marineer.
  • Braai: Maak 'n vuur met genoeg kole. Plaas ’n staander in die kole. Haal die kebabs uit die marinade en pak op 'n toeknyprooster. Braai 15-­20 min. oor matige kole of tot gaar soos verkies.
  • Vir voorsit: Geur die kebabs met die sout en peper. Sprinkel die pietersielie oor en sit voor saam met die mielies.
Kom neem deel aan die gesprek.

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.