• Geur die steak oral­oor met die sout en peper. Smeer die olyf-olie aan die steak.
  • Verhit ’n kleefvrye pan tot rookwarm; plaas die vleis met die vetkant na onder in die pan. Braai die steak 2-3 min. aan die vetkant of tot die vet begin verkleur en uitbraai.
  • Draai die steak om en braai tot ’n goudbruin kors aan die vleiskant vorm. Draai die steak op sy een sy en braai 1 min. Herhaal met die ander sy.
  • Verlaag die hitte en plaas die vleis weer met die vetkant na onder. Voeg die roos­maryn en botter by en braai nog 3 min. aan die vetkant. Draai die vleis om en braai nog 3 min. of tot dit gaar is soos verkies.
  • Skep die vleis uit die pan, giet enige pansappe oor en bedek met foelie. Laat rus minstens 10 min. 
  • Chimichurri: Meng al die bestanddele goed en geur met die sout.
  • Sny die steak in skywe, drup die chimi­churri oor en sit voor.