• Meng al die bestanddele buiten die varkfilette. Laat die vleis minstens ’n uur of twee in die sous marineer. Behou die sous.
  • Braai die filette vinnig in ’n riffelpan tot bruin buiteom. Plaas op ’n bakplaat en oondbraai nog sowat 10-15 min. of tot net gaar maar nie droog nie. Geur met sout en peper.
  • Kook die oorblywende marinadesous in ’n klein kastrol oor stadige hitte tot dik.
  • Sit voor saam met geroosterde botter­skorsie, pangebraaide vars aspersie, sous en geroosterde sesam­saadjies.

Vir dié resep kan jy ook varknektjoppies gebruik. Die filette kan ook oor die kole gebraai word. Dis ’n mite dat vark goed gaar moet wees, sê Edu.

“Vark kan ook halfgaar voorgesit word. Omdat baie mense vark gaar verkies, is varknek ’n goeie keuse. Dié snit is goed gemarmer, wat help om die vleis vogtig te hou.”