Meng die olie en speserye in ’n vlak bak. Voeg die vleis by en draai dit om sodat dit bedek is.

Verhit ’n braaipan oor matige hitte. Braai die varkvleis 10-12 min. of tot gaar na jou smaak. Bedek met foelie en laat 5 min. rus.

Voorverhit ’n riffelpan. Plaas die pynappel in ’n vlak bak, giet die gemmerlim oor en bestrooi met die suiker. Braai ­alkant 1-2 min. tot gekaramelliseer.

Meng die bone, tamatie en lemmetjiesap in ’n bak. Geur en plaas eenkant.

Koolslaai

Klits die mayonnaise, sap, jalapeño’s, vloeistof en mosterd saam. Geur en voeg die kool, uie en wortel by. Meng om te bedek.

Vir voorsit

Verdeel die slaai en bonemengsel tussen die bakke. Skep dik snye varkvleis, pynappel en koljander bo-op en sit voor saam met die lemmetjiewiggies.

© JENNENE PLUMMER (RESEPTE)/ROB SHAW (FOTO'S)/BAUERSYNDICATION.COM.AU/MAGAZINEFEATURES.CO.ZA, KATE BROWN (STILERING), CARLY SOPHIA TAYLOR (KOSASSISTENT)