• Verhit die olie in ’n groot kastrol. Voeg die ui by en soteer 5 min. Voeg die kaneelstokkie, kardemom en naeltjies by en soteer tot die ui goudbruin is.
  • Voeg die maalvleis in sarsies by en roerbraai tot al die maalvleis verbruin het. Voeg die knoffel, gemmer, speserye, suiker en sout by en soteer nog ’n minuut. 
  • Voeg die tamaties by en meng deur. Sit die kastrol se deksel op, verlaag die hitte en laat sowat 30 min. prut.
  • Haal die deksel af, roer die ertjies by en laat nog 10 min. prut.
  • Sambal: Meng al die bestanddele. Skep die kerrie in die roti’s, rol op en sit voor saam met die sambal.