Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Vleiskoekies: Meng al die bestanddele en vorm 4 koekies. Braai in ’n verhitte gietyster-riffelpan tot bruin aan albei kante. Plaas op ’n bakplaat en oondbraai sowat 10 min. of tot net gaar, maar steeds effens pienk binne.
  • Uie: Verhit die olie en braai die uie tot sag. Voeg die asyn en bruinsuiker by en braai tot die suiker effens gekaramelliseer en die asyn byna verdamp het. Geur met sout en ­peper.
  • Sous: Verhit ’n bietjie botter en olie in ’n pan en braai die ui en sampioene daarin tot sag. Voeg ’n skeut sjerrie by en verhit tot die alkohol verdamp. Voeg die room by en verhit tot die sous met die helfte afgekook het. Verwyder van die hitte en roer die kaas en mosterd by tot die kaas gesmelt is. Geur met die sout en ­peper.
  • Afronding: Plaas ’n slaaiblaar op die onderkant van die burger­rolletjie, ­gevolg deur ’n skyfie kaas, die vleis­koekie, agurkies en tamatie­skywe. Skep ’n goeie hopie gekaramel­liseerde uie bo-oor en plaas die bokant van die rolletjie bo-op. Sit voor saam met die kaas-en-sampioen­sous en skoenveter­aartappelskyfies.