Bespuit ’n muffinpan met 12 holtes goed met kossproei.

  • Afval: Plaas al die bestanddele in ’n druk­koker en bedek met ­water. Sit die deksel ­stewig op en laat kook 45 min. onder druk of tot die vleis sag is.
  • Laat die afval heeltemal afkoel. Dreineer en verwyder al die bene. Sny die velletjies en vleis in kleiner stukkies.
  • Pasteie: Verhit die olie in ’n kastrol en braai die uie, knoffel en gemmer tot sag. Voeg die speserye by en roerbraai tot geurig. Voeg die aftreksel en konfyt of blatjang by en bring tot kookpunt.
  • Voeg die aartappels en afval by en laat prut tot die aartappels sag is. Verlaag die hitte, voeg die mielieblommengsel by en roer tot effens verdik. Geur met die sout en peper na smaak. Hou eenkant en laat afkoel.
  • Voorverhit die oond tot 180 °C. Rol die deeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlak uit en voer die muffinpanholtes met die deeg uit. Sny die res van die deeg in sirkels so groot soos die holtes.
  • Vul die deeg met die afvalvulsel. Verf die rande van die pasteie liggies met die eier en sit die deegsirkels bo-op.
  • Seël die kante met ’n vurk en maak ’n gleufie in die middel van elke pastei. Verf bo-op met die eier en bak 30 min. of tot die pasteideeg goudbruin en gaar is. Laat 10 min. in ’n pan afkoel en keer dan versigtig uit. Pak op ’n bord.
  • Sambal: Meng al die bestanddele en sit voor saam met die pasteie.