Maak ’n braaivuur met genoeg kole vir braai. Hou ’n rooster en kebab­stokkies byderhand.

  • Sny die varkvleis in 2 cm-blokkies en sit ­alles in ’n marineerbak.
  • Meng die res van die bestanddele goed en geur na smaak met die sout en vars gemaalde peper. Skep 60 ml ­(¼ k) van die jogurtmengsel uit en hou eenkant in die yskas tot jy dit nodig kry.
  • Skep die res van die jogurtmengsel oor die varkblokkies en meng goed deur. Marineer ongeveer ’n uur in die yskas.
  • Ryg die blokkies aan die stokkies en pak op die rooster. Braai sowat 15 min. oor die kole of tot gaar soos ­verkies.
  • Vir voorsit: Pak die naanbrode of poppadums op ’n opdienbord. Versprei die komkommers op die bord, gevolg deur die jogurt en gegeurde ­jogurt (orige wat eenkant gehou is). Pak die kebabs bo-op en sprinkel die brand­rissie en ment bo-oor. Sit dadelik voor.