• Verhit die botter in ’n pan en braai die ui en sampioene tot sag en bruin. Voeg die broodkrummels by en geur met die sout en peper.
  • Laat afkoel.
  • Sny ’n gleuf aan die sykant van elke stuk vleis. Verdeel die uiemengsel in ses en druk dit in elke gleuf saam met die oesters of mossels en bloukaas. Geur die vleis met sout en peper na smaak.
  • Draai die spek om elke stuk vleis; steek dit met happiestokkies vas of bind met tou vas.
  • Smeer die olie liggies oor elke stuk vleis. Verhit ’n riffelpan tot goed warm en braai die vleis 4-6 min. aan elke kant.
  • Verwyder die stokkies en sit voor saam met die pietersieliebotter.
  • Pietersieliebotter: Meng  die bestanddele vir die pietersieliebotter goed.
  • Vorm in ses balletjies en draai toe met kleefplastiek. Plaas in die yskas tot hard en koud.

Wenk

Gebruik 1 heel filet en vul dit met die uiemengsel, oesters en bloukaas. Bind die spek om en braai oor warm kole of in ’n skottelbraai. Sny in skywe.