• Braai die komyn, koljander en borrie in ’n droë pan tot lig gerooster.
  • Plaas die speserye, maalvleis, ui, knoffel, suurlemoensap en -skil, sout en peper, gekapte kruie en eier in ’n bak en meng goed.
  • Vorm die mengsel in ovaalvormige frikkadelle (koftas) aan die punt van elke sosatiepen en verkoel 15 min. in die yskas.
  • Meng die jogurt en ­tahini en sit eenkant.
  • Braai die koftas liggies in ’n bietjie olie tot goed verbruin en deurgaar. Sit voor op tamatie­skywe bedek met tahini-jogurt en strooi die skywe brandrissie oor.
  • Eiervrug: Voorverhit die oond tot 180 °C. Verf ’n bakplaat met die helfte van die olyfolie en bestrooi met die sout.
  • Skroei die skil van die eiervrugte egalig oor ’n gasvlam. Wanneer dit koel genoeg is om te hanteer, sny die stam af en halveer in die lengte. 
  • Plaas met die snykante na onder op die plaat en braai 30-35 min. tot baie sag wanneer jy daaraan druk.Laat tot kamertemperatuur afkoel, skraap die vlees uit en plaas in ’n verwerker saam met die tahini, knoffel, suurlemoensap, rooipeper, komyn en die helfte van die pietersielie.
  • Verwerk tot gemeng maar steeds grof. Proe vir geur en pas aan indien nodig.
  • Skep in ’n bak, bedruip met die oorblywende olyfolie en strooi die res van die pietersielie asook die sesamsaad en za’atar oor. Verkoel tot nodig, maar sit teen kamertemperatuur voor saam met die koftas.