• Frikkadelle: Plaas die brood in ’n bakkie en giet die melk oor. Meng goed en voeg saam met die res van die bestanddele in ’n groot mengbak. Meng en geur met die sout en peper. Vorm gholfbalgrootte-balletjies en pak op ’n bord. Bedek en verkoel minstens 30 min. in die yskas.
  • Aftreksel: Plaas intussen al die bestanddele vir die aftreksel saam in ’n diep pan. Verhit tot kookpunt. Verlaag die temperatuur sodat die aftreksel prut.
  • Laat die frikkadelle in sarsies 10-15 min. liggies in die aftreksel prut. Draai die frikkadelle halfpad versigtig om. Haal die gaar frikkadelle uit 
    en pak in ’n bak.
  • Plaas ’n sif oor ’n bak en giet die aftreksel daardeur. Gooi die oorblyf-
    sels in die sif weg, maar behou die aftreksel.
  • Sous: Smelt die botter in ’n kastrol en voeg die meel by. Meng goed en giet bietjies-bietjies 
    250 ml (1 k) van die orige aftreksel by. Roer aanhoudend. Voeg die roomkaas en melk by en roer tot glad en verdik. Meng die res van die bestanddele by en geur met die sout. Giet die sous oor die frikkadelle
  • Vir afronding: Garneer met die ekstra kappertjiesade en pietersielie.