Voorverhit die oond tot 180 °C.  

  • Vleis: Meng die sojasous, heuning, knoffel, gemmer, sesamolie en srirachasous en giet oor die varksteaks. Marineer 20 min. 
  • Verhit ’n bietjie olie in ’n riffelpan, geur die steaks met die peper, braai dit alkante tot mooi bruin, plaas op ’n bakplaat en oondbraai nog 15-20 min. tot net gaar maar nie droog nie.
  • Kool-en-uiepiekel: Meng al die bestanddele en laat staan minstens 20 min. 
  • Afronding: Sprinkel die koljanderblare oor en sit voor saam met die piekel en lemmetjies. 

Wanneer jy weer varktjops braai, kies kruisstuk of Porterhouse. Dis heerlik sag en sappig.

BESTE WAARDE VIR GELD

Die bekostigbaarste snitte

  • Pootjies
  • Varkboud met been – ekonomiesste en veelsydigste snit
  • Skenkel
  • Skouer/nek – sappigste en sagste snit; kan in steaks gesny word of heel (ook gevul in oond of gepotbraai); beste snit om blokkies vir Oosterse geregte of kebabs uit te sny
  • Kruisstuksteaks (Porterhouse-steaks word ook uit kruis gesny)
  • Ghoelasjblokkies (uit die boud gesny)
  • Roerbraairepies
  • Varkliesrepies
  • Maer maalvleis

Duurste snitte 

  • Filet 
  • Lendetjops 
  • Braairibbetjie (hoewel nie duur per kilogram nie, benodig ’n mens baie per porsie) 
  • Ribtjops 
  • Varklies

Wenk

Dikwels word van die beste varksnitte nie in die winkeltoonbank uitgestal nie.

Die slaghuispersoneellede sal met graagte vir jou die varksnit van jou keuse uit die regte deel van die karkas sny. Moenie bang wees om dit vooraf te bestel of daarvoor te vra nie; dis altyd die moeite werd.