Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak : 1 uur 30 min.
2 uie, in dik skywe gesny
3 knoffelhuisies, grof gekap
2 wortels, in stukke gesny
2 takkies roosmaryn
1 kg beeskortribbetjies
sout en swartpeper
15 ml (1 e) meel
300 ml bier
10 ml (2 t) Dijon-mosterd
5 ml (1 t) suiker
45 ml (3 e) soetbrandrissiesous
skyfies vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Sit die uie, knoffel, wortels en roosmaryn onderin ’n baksakkie in ’n roosterpan.
- Geur die ribbetjies met sout en peper en bestuif met die meel. Sit dit op die groente in die sakkie.
- Giet die bier oor, verseël die sakkie en bak 90 min. in die oond tot die ribbetjies sag is. Hou die sous en groente.
- Sit die sak se inhoud in ’n pot en voeg die mosterd, suiker en soetbrandrissiesous by. Plaas oor lae hitte en laat prut tot dik. Sit voor saam met gebakte skyfies.
Deur Hope Malau
Foto: David Briers
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET