• Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die knoffel, roosmaryn en salie 1 min. oor matige hitte.
  • Plaas die varkvleis in die kastrol deur dit versigtig op die kruie te plaas en braai sowat 5 min. aan weerskante. Haal die vleis uit en hou eenkant.
  • Giet 250 ml (1 k) wyn in die kastrol, skraap die bodem van die pan, verlaag die hitte en laat prut 1-2 min.
  • Plaas die vleis terug in die kastrol en geur met die sout en peper. Maak gedeeltelik met ’n deksel toe en laat kook sowat 15-20 min. Draai die vleis een keer om en maak seker daar is genoeg vloeistof in die pan. Voeg 250-375 ml (1-1½ k) kook­water bietjies-bietjies by, indien nodig. Wanneer die varkvleis sag en sappig is, haal dit uit die kastrol en hou eenkant in aluminiumfoelie om warm te hou.
  • Verhoog die hitte . Giet die oorskietwyn en aftreksel in die kastrol, skraap weer die bodem en laat prut tot die vloeistof met die helfte afgekook het. Voeg die jogurt by. Los die kastrol op die stoof, maar skakel die hitte af. Geur met nog sout en peper, indien nodig. 
  • Vir voorsit: Sny die vleis in skywe, giet die sous oor en sit voor saam met die gebraaide aartappel­wiggies.