• Salsa verde: Verwerk al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot groffyn. Skep in ’n botteltjie en verkoel.
  • Knoffelbotter: Smelt die botter en meng die knoffel by.
  • Filet: Voorverhit die oond se roosterelement en plaas die oondrak in die middel van die oond.
  • Sprinkel die sout in ’n oondpan.
  • Droog die filette af met handdoekpapier en smeer mildelik met botter. Rol in gekapte kruie.
  • Plaas op die soutbed en oondrooster 4 min. (vark) tot 7 min. (bees).
  • Haal die filette uit, draai om en smeer weer knoffelbotter oor en plaas vir nog 4-7 min. in die oond. Varkvleis moet net-net af van pienk wees, maar bees kan nog goed pienk wees.
  • Plaas die vleis op ’n bord en laat 10 min. rus. 9 Vir voorsit Sny die filet in skywe en sit voor op die pasta.