Voorverhit die oond tot 230 °C. Hou 'n bakplaat byderhand.

  • Geur die steaks aan albei kante met die sout en peper en smeer met die olie.
  • Verhit 'n groot pan tot baie warm en seël die steaks in sarsies – die vleis moet 'n goudbruin kors aan weerskante hê.
  • Pak die steaks op die bakplaat en hou eenkant.
  • Kors: Plaas al die bestanddele in die bak van 'n voedselverwerker en verwerk tot grofgekap.
  • Druk die kors bo-op die steaks en bak 7-10 min. of tot gaar soos verkies. Haal die steaks uit die oond en laat rus 10 min.
  • Roomsous: Verhit intussen die olie in 'n pan en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar.
  • Voeg die brandewyn by, indien gebruik, en laat 1 min. prut. Strooi die meel oor en roer deur.
  • Giet die room by en roer aanhoudend tot die sous verdik. Geur met sout en peper na smaak.
  • Vir voorsit: Sny die steaks soos verkies en sit voor saam met jou gekose bykosse.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.