• Maalvleis­koekies: Meng alles en verdeel in 6 vleis­koekies. Plaas vir sowat 30 min. in die yskas.
  • Samestelling: Sit die soetrissies in ’n oondpan en gooi ’n skeut water by. Rooster tot die rissies se velle­tjies begin blase maak. (Jy kan dit ook oor die kole doen). Koel in ’n plastieksak af en trek die velletjies af. Sny in 6 stukke.
  • Braai die vleiskoekies sowat 5-7 min. of tot bruin maar steeds effens pienk binne in ’n warm riffelpan of oor warm kole.
  • Tzatziki: Meng alles.
  • Bou jou eie burger met ’n rolletjiehelfte, vleiskoekie, geroosterde soetrissie, roketblare en tzatziki bo-op. Sit voor saam met gebraaide aartappelwiggies.

Wenk: Vir ’n beet-tzatziki: Dreineer en meng ’n 405 g-bottel ­gepiekelde, gerasperde beet met 500 ml (2 k) dubbelroomjogurt, 30 ml (2 t) gekapte ment, 1 fyngedrukte knoffelhuisie en 15 ml (1 e) olyf­olie.

“Lamsburgers kan, nes kruisskyf, halfgaar voorgesit word,” sê Edu. “ ’n Burger wat 20-25 mm dik is, kan sowat 5-7 min. per kant vir halfgaar gebraai word.”