Voorverhit die oond tot 230 °C. 

  • Soteer die ui in 75 ml (5 e) olyfolie tot deur­skynend, voeg die sampioene by en soteer tot gaar en tot die sampioenvog verdamp het. Geur met die pietersielie, sout en peper. Hou eenkant en laat heeltemal afkoel.
  • Verhit 15 ml (1 e) olie in ’n pan en verbruin die tjops aan alle kante, ook die vetkant. Verwyder van die hitte en geur met die sout en peper.
  • Rol die deeg dunner uit en sny 4 vierkante uit.
  • Plaas 15 ml (1 e) van die sam­pioenmengsel in die middel van elke vierkant en smeer plat. Plaas 5 ml (1 t) mosterd bo-op en smeer plat.
  • Plaas ’n tjop regop in die middel van die vierkant, smeer die kante met water en vou die tjop in die deeg toe. Knyp die deeg rondom die been vas sodat die been bo die deeg uitsteek. Sny patroontjies uit oorskietdeeg en plak op die deegpakkie met water vas. Verf met die eiergeel­mengsel. Herhaal met al 4 tjops. Plaas op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak 20 min. tot die deeg goudbruin is.
  • Sit warm voor saam met die groente en konserf of jellie.

“Lamstjops laat my voorspoedig voel. Dit trek ’n nuwe baadjie aan in dié resep. Dit eggo die verwondering en luuksheid van ’n nuwe reis.”