Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

  • Geur die skenkels met die masala, komynsaadjies, sout en peper.
  • Pak die lourierblare, knoffel, ui en wortels in ’n oondbak met ’n deksel. Sit die skenkels bo-op en giet die aftreksel oor. Maak die deksel van die bak stewig toe en rooster 3 uur in die oond of tot die skenkels sag is en amper uitmekaarval.
  • Haal die skenkels versigtig uit die aftreksel en laat 30 min. ­afkoel – hou die ­aftreksel eenkant.
  • Vir afronding: Verhoog die oondtemperatuur tot 180 °C. Rol die skilferkorsdeeg ­liggies op ’n meelbestrooide oppervlak uit. Sny die deeg in 4-6 groot blokke.
  • Sit ’n skenkel in die middel van elke blok, vou die punte van die deeg na die middel en knyp aan die bokant toe (om die been van die skenkel).
  • Sit die pasteie op die bakplaat en verf met die eiergeelmengsel. Sprinkel komynsaadjies oor en bak 25-30 min. of tot die deeg gaar en goudbruin is.
  • Sit intussen die oondbak met die ­aftreksel op die stoof. Voeg die mielieblom by en roer aanhoudend tot die sous afgekook en verdik het. Sit die pasteie voor saam met die sous en ’n ­bykos van jou keuse.

Beïndruk gaste met dié spog­pasteie. Dit verg ’n bietjie meer tyd en geduld, maar is uit en uit die moeite werd.