• Speserysmeer: Meng al die bestanddele vir die speserysmeer en smeer die varkboud goed daarmee in.
  • Vark: Verhit die olie in ’n groot plat gietysterpot en braai die ui en knoffel daarin tot sag. Voeg die vleis by en braai tot bruin buite-om.
  • Voeg die brandrissie, lourierblare, lemoen- en lemmetjiesap by. Voeg sowat 500 ml water by, bring tot kookpunt, verlaag die hitte, bedek en laat prut sowat 3 uur tot die vleis van die been af val.
  • Plaas die vleis op ’n plank en trek die vleis in rafels met twee vurke.
  • Voorverhit die oond tot 200 °C. Pak die vleis op ’n uitgevoerde bakplaat, giet van die pansappe oor, sprinkel ’n bietjie bruinsuiker oor en oondbraai 15 min. tot effens bros.
  • Afronding: Meng al die bestanddele by die vleis in.
  • Vir voorsit: Verhit die tortillas in ’n pan tot sag.
  • Guacamole: Meng al die bestanddele.
  • Avokadosalsa: Meng al die bestanddele.  Smeer van die guacamole oor die tortilla, pak van die vleis bo-op en skep van die salsa oor. Rol op en geniet.

Moenie net varkboud vir Kersfees gaarmaak nie. Dis die ekonomiesste snit en ’n mens kan soveel daarmee doen. Ons kook rafelvleis wat heerlik is in tortillas, taco’s, burrito’s en selfs in slaai.

BESTE WAARDE VIR GELD

Die bekostigbaarste snitte

  • Pootjies
  • Varkboud met been – ekonomiesste en veelsydigste snit
  • Skenkel
  • Skouer/nek – sappigste en sagste snit; kan in steaks gesny word of heel (ook gevul in oond of gepotbraai); beste snit om blokkies vir Oosterse geregte of kebabs uit te sny
  • Kruisstuksteaks (Porterhouse-steaks word ook uit kruis gesny)
  • Ghoelasjblokkies (uit die boud gesny)
  • Roerbraairepies
  • Varkliesrepies
  • Maer maalvleis

Duurste snitte 

  • Filet 
  • Lendetjops 
  • Braairibbetjie (hoewel nie duur per kilogram nie, benodig ’n mens baie per porsie) 
  • Ribtjops 
  • Varklies

Wenk

Dikwels word van die beste varksnitte nie in die winkeltoonbank uitgestal nie.

Die slaghuispersoneellede sal met graagte vir jou die varksnit van jou keuse uit die regte deel van die karkas sny.

Moenie bang wees om dit vooraf te bestel of daarvoor te vra nie; dis altyd die moeite werd.