Hou 6-8 ramekins byderhand.

  • Plaas die skaaptongetjies in ’n drukkoker en voeg die uie, naeltjies en lourierblare by. Bedek die bestanddele met water en maak die koker se deksel stewig toe. Laat kook 30-45 min. onder druk of tot dit gaar en sag is.
  • Haal die tongetjies uit die koker en laat dit afkoel. Sny dit skoon – die vel kan maar aanbly. Sny die tongetjies dan in dik skywe en pak in die ramekins.
  • Mosterd: Klits al die bestanddele goed saam en giet oor die tongetjies.
  • Afronding: Verhit die oond tot 200 °C. Pak die ciabattakrummels op die tongetjies en drup die botter oor. Pak die tiemietakkies bo-op en rooster 10-15 min. of tot die broodkrummels goudbruin en bros is.