Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Geur die skenkels goed met die sout, verhit die olie in ’n pan tot goed warm en braai die skenkels ’n paar op ’n slag daarin tot bruin buite-­om. Skep uit in ’n oondbak.
  • Braai die uie, knoffel en kaneel saam tot die uie en knoffel sag is. Roer die fyn speserye deur. Meng die groente­aftreksel en lemoen- en suurlemoensap, en voeg die helfte by die uiemengsel in die pan. Giet die uiemengsel oor die skenkels. Maak toe en bak 2½ uur tot driekwart gaar.
  • Voeg die groente, appel-kose en dadels by, meng die heuning en sitrusskil by die orige aftrekselmengsel in en giet oor. Geur met sout. Bak 30-45 min. onbedek tot die groente net sag maar nie stukkend gekook is nie.
  • Skep die vleis en groente in ’n opdienbak. Kook die pansappe af tot dit effens verdik en geurig is, en giet oor die vleis en groente. Sprinkel die kruie oor.
  • Koeskoes: Sit voor saam met koeskoes waarby amandels ingeroer is.