Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai.

Plaas ’n staander in die kole en hou ’n rooster byderhand.

  • Skaapnek: Plaas die skaapnekke saam met die res van die bestanddele in ’n drukkoker, bedek met water en laat 20 min. onder druk kook. Haal uit die drukkoker en hou eenkant.
  • Verfsous: Plaas intussen al die bestanddele vir die sous in ’n klein kastrol, verhit en roer aanhoudend tot die suiker opgelos is.
  • Verf die sous ruimskoots oor die nekke en braai oor die kole tot klewerig en effens geskroei. Verf die skaapnekke gereeld met die sous terwyl jy braai.
  • Reënboogkoolslaai: Meng al die bestanddele in ’n groot mengbak.
  • Slaaisous: Klits al die bestanddele in ’n maat­beker saam en giet oor die koolslaai. Meng goed deur en sit voor saam met die gebraaide skaapnekke.

WENK

Berei al ’n dag voor die tyd die verfsous en kook die nekke. Bêre dit in die yskas sodat jy dit op Kersdag net oor die kole kan braai.