Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Vleis: Pak die vleis in ’n enkellaag in ’n oondpan. Geur met sout en peper. Voeg die patats by.
  • Sous: Plaas al die bestanddele vir die sous, buiten die tee of water, in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyngekap. Voeg die tee of water by en giet oor die vleis en patats. Bedek en bak ­sowat 1½ uur of tot sag; voeg tee of water by soos nodig.
  • Pak die kool sowat 20 min. voor die einde van die baktyd by. Bak verder tot die kool gaar maar nog bros is.
  • Slaaisous: Meng al die bestanddele. 
  • Slaai: Meng die slaai­bestanddele en giet die slaaisous oor.
  • Voorsit: Breek die vleis in stukke (indien jy die varknek gebruik het) en sprinkel die slaai­bestanddele oor. 
Wenk
Jy kan met die groente rondspeel. Voeg byvoorbeeld appelwiggies by die vark en meng dun repies kool by die slaai.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.