• Frikkadelle: Plaas die stingeluie, knoffel en sitroengras saam in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyn. Voeg die vleis by en pols tot die vleis ook fyngekap is. Voeg die brood, rissie, sout, peper en eier by en pols tot goed gemeng.
  • Vorm okkerneutgroottefrikkadelle met die mengsel en pak op ’n bord. Bedek met kleefplastiek en verkoel minstens 30 min. in die ­yskas.
  • Verhit die olie in ’n groot pan en braai die frikkadelle tot goudbruin en gaar. Skep die frikkadelle uit en vee die olie met kombuis­papier uit die pan. Pak die frikkadelle terug in die pan en drup die heuning oor.
  • Roerbraai die frikkadelle 1 min. in die heuning. Sprinkel die grondboontjies oor en meng deur.
  • Slaai: Meng alles goed en verdeel tussen 4-6 bakkies.6 Vir voorsit Pak die frikkadelle op die slaai en sit voor saam met die lemmetjiewiggies en soet brandrissiesous.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!