Voorverhit die oond tot 230 °C.

  • Varkfilette: Klad die filette droog met kombuispapier. Geur oral­oor met die sout en peper, en smeer met die olyfolie.
  • Verhit ’n groot kleefvrye pan tot rookwarm. Seël die filette weerskante tot ’n goudbruin kors reg rondom vorm. Pak die filette op ’n bakplaat en rooster 5 min. of tot gaar soos verkies.
  • Meng die res van die bestanddele en skep op ’n bord. Rol die filette in die kruiemengsel en laat 10 min. rus. Sny in skywe en hou eenkant.
  • Panzanella: Versprei die broodstukke op ’n groot bakplaat. Drup die helfte van die olyf­olie oor en meng die knoffel deur. Rooster in dieselfde oond as die filette tot goudbruin en bros.
  • Meng die tamaties, basilie, die res van die olyfolie en balsemieke asyn in ’n groot bak. Geur met die sout en peper na smaak. Meng die broodstukke deur die slaai en versprei op ’n bord.
  • Vir afronding: Versprei die filetrepies op die slaai en sit dadelik voor.