• Crêpes: Meng die meel en sout in ’n groot bak. Klits die res van die bestanddele eenkant saam en giet dit by die meelmengsel. Klits met ’n ballonklitser of elektriese handklitser tot goed gemeng en sonder klonte. Bedek en laat minstens 30 min. eenkant staan.
  • Bak dun crêpes met die beslag en hou eenkant.
  • Sampioene: Verhit die olie in ’n pan en roerbraai die sampioene tot gaar en nie meer waterig nie. Geur met die origanum en sout. Hou eenkant.
  • Vir afronding: Verhit ’n kleefvrye pan en spuit met kossproei. Sit een van die gaar crêpes in die pan; skuif die crêpe sodat ’n 5 cm-rand oop is op die bodem van die pan. Sprinkel van die kaas oor die een helfte en oor die kant van die crêpe sodat van die kaas op die oop deel in die pan val.
  • Pak ’n vel of 2 ham bo-op en sprinkel van die sampioene oor. Vou die crêpe in die helfte en dan wéér in die helfte (die kaas in die pan sal effens bros gebraai wees), en maak die crêpe liggies los met ’n eierspaan. Skep die crêpe uit en hou eenkant warm.
  • Herhaal met die res van die crêpes en vulsel, en sit voor.