Voorverhit die oond tot 180 °C.

Vulsel

  • Verhit die 45 ml olyfolie in ’n groot kastrol oor hoë hitte en braai die vleisblokkies tot bruin. Verlaag die hitte en skep die vleis uit. Hou eenkant. Wenk Braai die vleis in twee of drie sarsies om te keer dat dit stoom en sodat dit lekker bruin braai.
  • Drup nog olyfolie in die kastrol en braai die ui 2-3 min. tot gaar. Voeg die knoffel en seldery by en braai nog 2-3 min.
  • Voeg die vleis by, asook die roosmaryn en peper, en braai liggies.
  • Verhoog die hitte, voeg die rooiwyn, water en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut 45 min. met die deksel op. Roer af en toe. As die sous te veel afkook, voeg 125 ml (½ k) water by.
  • Verwyder die deksel ná 45 min. en laat dit nog so 10 min. kook – die sous sal indamp.

Kors

  • Terwyl die vulsel kook, maak solank die kors: Plaas die mozzarella en roomkaas in ’n mikrogolfvaste mengbak en mikrogolf 2 min. op hoog. Meng goed deur.
  • Breek een eier in die kaasmengsel en roer weer. Voeg die amandelmeel by en meng weer goed. ­Gebruik ’n lepel om die deeg in die mengbak in ’n bal te vorm. Laat 2 min. afkoel.
  • Plaas die deeg tussen 2 velle bakpapier en rol dit liggies met ’n koekroller uit – probeer om dit ongeveer 0,5 cm dun uit te rol.
  • Gebruik vorms of ’n mes om die deeg in 6 ewe groot sirkels uit te sny wat die pasteibakkies sal bedek.
  • Verwyder die vleis van die hitte. Geur met die sout na smaak. Vir ’n ­dikker sous, laat dit ’n bietjie langer prut.
  • Skep die vleisvulsel in 6 oondbakkies en plaas die deeg op elke bakkie. Druk die deeg teen die kante om te seël. Gebruik ’n vurk om ’n paar klein gaatjies in die deeg te prik sodat die stoom kan ontsnap.
  • Klits die oorblywende eier in ’n mengbakkie en verf die deeg liggies daarmee.
  • Plaas die bakkies op ’n bakplaat en bak 20 min. Laat 10 min. afkoel voor jy dit ­voorsit.
Wenk
Jy kan hierdie resep ook as een groot pastei bak.