Verhit die olyfolie in ’n groot kastrol en braai die ui tot goudbruin. Voeg die maalvleis en pietersielie by en braai tot die maalvleis gaar is.

Spuit intussen ’n aparte kastrol met kleefvrye kossproei en braai die tamaties ongeveer 10 min. tot sag. Voeg by die maalvleis.

Voeg die ertjies, wortels, spinasie, patat en 2,75 L (11 k) van die warm water by. Roer goed en laat liggies prut.

Voeg die oorblywende bestanddele by, verminder die hitte tot laag en laat 30-45 min. prut.

Voeg die oorblywende 1 L (4 k) water by terwyl dit kook. Roer af en toe en kook tot die groente sag is.