Geur die steak alkant met die sout en peper. Smeer met die olyfolie in.

Verhit ’n kleefvrye pan tot baie warm en seël
die steak aan albei kante tot ’n goudbruin kors vorm. Verlaag die hitte en braai die steak nog 3-5 min. of tot gaar soos verkies. Haal uit die pan en hou eenkant om te rus.

Sous

Verhit die olie en botter in ’n diep pan en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die res van die sousbestanddele by en laat prut 10 min. tot geurig.

Sny die steak in dun repies op en roer by die sous in. Verwyder van die hitte en geur met nog sout en peper na smaak. Geur met ’n bietjie suurlemoensap, indien verkies.

Vir voorsit

Pak die slaaiblare op die onderste helftes van die rolletjies. Stapel van die steak­repies bo-op en rond af met die brandrissie, indien gebruik. Sit die boonste helfte van die broodjies op en sit die burgers dadelik voor.

Foto: David Briers; stilering: Esther Malan; kos-assistent: Waleed Alexander