Voorverhit die oond tot 160 °C.

  • Vleis: Geur die tjops met sout en peper en plaas in ’n bak. Voeg die suurlemoen, die helfte van die knoffelhuisies, basilieblare en olyfolie by en vryf in. Laat staan terwyl jy die sous berei.
  • Sous: Verhit 'n bietjie olie in 'n kastrol en braai die orige knoffel en sam­pioene daarin tot gaar. Voeg die ansjovisfilette of vissmeer by en verhit.
  • Voeg die tamaties, tamatiepasta, olywe, saad en witwyn by en laat sowat 15 min. prut tot geurig. Geur met sout, peper en klappersuiker en voeg die basilieblare by.
  • Verhit 'n riffelpan en braai die steaks eers op die vetkant tot bros, dan alkant. Plaas op 'n bakplaat en sit dit vir nog so 10-15 min. in die oond tot net gaar, maar nie droog nie.
  • Strooisel: Meng al die ­bestanddele.
  • Plaas die tjops op 'n opdienbord, skep van die sous oor en rond af met die strooisel. 
  • Vir voorsit: Sit voor saam met murgpampoentjierepe.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.