Voorverhit die oond tot 170 °C. 

  • Braaisous: Meng al die bestanddele vir die sous.
  • Vleis: Geur die vleis liggies met sout en peper. Plaas die vleis in ’n oondpan, giet die sous oor, giet van die water in die pan, bedek dig met foelie en bak sowat 1½ uur tot die vleis baie sag is. Voeg nog water by soos nodig wanneer dit droog kook.
  • Koolslaai: Meng intussen die mayonnaise, suurlemoensap, asyn en suiker in ’n middelslagbak en roer tot die suiker opgelos het. Voeg die vinkel, indien jy dit gebruik, en die kool by. Meng liggies.
  • Vir afronding: Haal die varkvleis uit die oond en trek die vleis in rafels met twee vurke of jou vingers. Voeg sowat 125 ml (½ k) of meer van die pansouse by die rafelvark en roer tot deeglik gemeng.
  • Vul die rolletjies met ’n stewige porsie van die rafelvark en slaai, bestrooi met vinkelblare en sit voor.