Maak 'n vuur met genoeg kole vir braai. Plaas 'n metaalstaander in die kole en hou 'n rooster byderhand.

  • Smeer die steak met die olie.
  • Speserymengsel: Meng al die bestanddele goed en strooi ruimskoots oraloor die steak.
  • Pak die steak op die rooster – die rooster moet ongeveer 20 cm bo matige kole wees. Braai die T-been-steak 10-15 min. en draai elke 2 min. As jy van gaarder steak hou, braai nog 5-7 min.
  • Haal die steak van die rooster af, bedek met foelie en laat 10 min rus. Sny in skywe en sit voor.
Wenk
Haal jou steak 'n uur vooraf uit die yskas  sodat die vleis kamertemperatuur kan bereik – dit verseker dat die steak oral eweredig gaar word en sappig bly wanneer jy dit gaarmaak.

Kom neem deel aan die gesprek
 Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.