• Ribbetjies: Plaas al die bestanddele in ’n groot kastrol en giet genoeg water in om die vleis te bedek. Bring tot kookpunt, stel die hitte dan laer en laat prut sowat 90 min. tot die vleis sag is, maar nie van die bene afval nie. Laat afkoel in ’n vergiettes sodat die meeste van die vloeistof kan afdrup. Sny in kleiner ribbetjies.
  • Smeersous: Meng al die bestanddele tot die suiker opgelos het. Plaas die ribbetjies op ’n bakplaat en verf van die sous oor. Rooster 3-4 min. onder die roosterelement. Draai die ribbe­tjies om, verf weer met sous en rooster 3-4 min. tot brosbruin. Sit die ribbe­tjies voor saam met die orige smeersous as doopsous.