Maak 'n vuur met genoeg kole vir braai. Plaas 'n metaalstaander in die kole en hou 'n rooster byderhand. Gebruik 'n ysterpan as jy die stoof pleks van die braai gebruik.

  • Botter: Plaas al die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot goed gemeng. Skep uit en verkoel tot benodig.
  • Steak: Geur die steaks met die sout en peper. Smeer die olie oor. Braai die vleis oor die kole of in ’n warm ysterpan op die stoof tot gaar soos verkies.
  • Pak die steaks op 'n bord sodra dit gaar is en skep 'n teelepel van die botter op elkeen. Laat rus 5-10 min. voor jy dit voorsit.
Wenk
Die ekstra botter kan tot 2 weke in die yskas gebêre word. Jy kan dit gebruik om selfs hoender of groente mee te geur.

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.