Voorverhit die oond tot 200 °C.

  • Gebak: Verhit die olie en botter in ’n diep pan en braai die preie tot sag. Voeg die knoffel en sampioene by en roerbraai tot gaar.
  • Verlaag die hitte en giet die room by. Laat 5 min. stadig prut, voeg die roomkaas by en roer tot gesmelt. Voeg die gaar stampmielies en gedroogde kruie by, meng goed met die sous en geur met die sout en vars gemaalde peper. Skep die stampmielies in ’n oondbak.
  • Tjops: Geur die tjops met die sout en vars gemaalde peper. Verhit die botter in ’n pan en pak die tjops daarin. Braai tot goudbruin aan die een kant, draai die tjops om en braai tot bruin aan die ander kant (die tjops hoef nie heeltemal gaar te wees nie). Pak die tjops bo-op die stampmielies.
  • Braai die ui in dieselfde pan waarin die tjops gebraai is. Roerbraai tot sag en goudbruin. Voeg die skeut witwyn by en roer vinnig. Giet die sous oor die tjops.
  • Bedek die gebak met tinfoelie en bak nog 15 min. in die oond of tot die tjops gaar is.
  • Vir voorsit: Rond die gebak af met ’n paar vars kruieblaartjies.