Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei.

  • Romesco-sous Pak die soetrissie met die velkant na bo op die bakplaat en rangskik die knoffel tussenin. Rooster 20 min. of tot die soetrissievel geskroei is.
  • Pak die soetrissie en knoffel op ’n bord, bedek met kleefplastiek en laat effens afkoel. Haal die plastiek af en trek die velletjies van die soet­rissie af. Druk die knoffel uit die skil uit.
  • Plaas die soetrissie, knoffel en die res van die sousbestanddele in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyn.
  • Steak: Klad die steak droog en geur alkant met die paprika, sout en peper. Smeer met die olie.
  • Verhit ’n ysterpan tot rookwarm en braai die steak alkant tot liggies geskroei. Verlaag die hitte en braai nog tot gaar soos verkies. Haal die steak uit die pan en laat 5 min. eenkant rus. Sny in dun skyfies.
  • Noedels: Berei die noedels volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer.
  • Verhit die olie in ’n pan en braai die tamaties tot geskroei. Meng die noedels, tamaties en die helfte van die romesco-­sous goed.
  • Verdeel die noedels tussen vier bakkies en pak die steak bo-op. Sprinkel die pietersielie oor en sit voor saam met die res van die sous.