20 min.
6-8
2½ uur
Bestanddele
- LAMSBOUD
- 2 uie, geskil en in kwarte
- 2 wortels, rofweg gesny
- 2 lourierblare
- 2 kg lamsboud met been en skenkel
- 2,5 ml (½ t) elk fyn koljander en komyn
- sout en vars gemaalde peper
- 6 knoffelhuisies, geskil en gehalveer
- 4 takkies roosmaryn, in kleiner stukkies gebreek
- sap van 1 suurlemoen
- 500 ml (2 k) sterk rooibostee + ekstra indien nodig
- RYS
- 500 ml (2 k) basmatirys
- ’n hand vol vars pietersielie, gekap
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 15 ml (1 e) botter of olyfolie
Metode

Voorverhit die oond tot 150 °C.
Hou ’n groot, diep oond- of braaibak met ’n deksel byderhand.
- Lamsboud Versprei die uie, wortels en lourierblare in die oondbak.
- Gebruik ’n skerp mes en sny kepies in die vetkant van die lamsboud. Geur oraloor met die koljander, komyn, sout en peper. Vryf die speserye goed in die boud in.
- Stop die kepies met die knoffel en roosmaryn en plaas die boud, met die vetkant na bo, op die groente in die bak.
- Drup die suurlemoensap oor die boud en giet die rooibostee onderin die bak. Plaas ’n vel bakpapier losweg oor die boud en maak stewig met die deksel toe.
- Rooster die boud 2½ uur. Maak die bak halfpad deur oop en giet nog rooibostee by as die vloeistof weggekook het. Die boud is gaar wanneer die vleis sag en goudbruin is en amper van die been afval.
- Rys Kook intussen die rys volgens die aanwysings op die verpakking. Dreineer goed en laat in ’n vergiettes droogstoom. Skep die rys in ’n bak en meng die res van die bestanddele by.
WENK
Sit die boud spoggerig voor op ’n bedding vars suurlemoen- of lourierblare op ’n groot opskepbord.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET