• Roosterkoek: Meng al die bestanddele en vorm 6 roosterkoeke. Stuif met meel en rooster oor matige kole tot gaar en uitgerys en tot dit hol klink wanneer jy daarop klop.
  • Hoender: Meng die knoffel, gemmer, paprika en jogurt of karringmelk. Geur die hoenderbors­filette met sout en peper en doop in die jogurtmengsel. Rol in die broodkrummels en laat die hoender 30 min. rus.
  • Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die hoenderstukke tot goudbruin aan albei kante en gaar binne, sowat 12-15 min. (Bedek die pan vir die laaste 5 min. sodat dit kan gaar stoombraai.) Dit kan in ’n pan oor die kole of op die stoof gedoen word.
  • Koolslaai: Meng die jogurt, suurlemoen en kerrie. Voeg die groente, piesang (indien gebruik), ­sultanas en grondbone by en meng deur.
  • Afronding: Plaas ’n hoenderfilet op die onderkant van die roosterkoek. Skep mayonnaise bo-oor en skep van die koolslaai bo-op. Garneer met slaaiblare, indien verkies. Bedek met die ­bokant van die ­roosterkoek.
  • Sit voor saam met ­gebakte aartappels en uie.