Voorverhit die oond tot op sy hoogste temperatuur, ongeveer 230 °C.

  • Smeer die varkpens met die olie en vryf die sout, paprika en peper in die vleis in.
  • Plaas die res van die bestanddele, saam met die helfte van die rum, in ’n oondpan, met die vleis bo-op.
  • Bak 20 min. in die oond teen ’n hoë hitte. Draai die hitte laer tot 150 °C en bak 2 uur.
  • Voeg die res van die rum 30 min. voor die einde van die bak-tyd by.
  • Voeg water by indien die sous te dik raak. Die suiker in die rosyntjies kan die sous laat brand.
  • Haal die vleis uit en hou eenkant.
  • Verwyder die stukke lemoen en soveel moontlik van die heel speserye.
  • Plaas die pan op die stoof oor matige tot hoë hitte, en druk die rosyne en uie fyn terwyl die sous prut. Jy kan ook ’n staafmenger gebruik.
  • Laat die sous 15 min. prut en plaas die varkpens terug in die bak, of sny vooraf en sit voor saam met die sous.