Pannekoek

Klits die res van die bestanddele by die klaarbereide crêpe-­beslag. Laat staan minstens 30 min. Bak die crêpes van die beslag en hou eenkant.

Vulsel

Verhit die olie in ’n pan en roerbraai die ui, knoffel en gemmer tot goudbruin en geurig. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot bruin. Roer die kerriepoeier en blatjang by en roerbraai 10 min. oor lae hitte.

Meng die ertjie-en-pitmieliemengsel by en roerbraai tot deurwarm. Geur met die sout en peper na smaak. Haal van die hitte af en hou eenkant.

Vou elke crêpe in die helfte en dan weer in die helfte. Stop die opening van elke crêpe met die kerriemaalvleis.

Doopsous

Meng alles goed en sit voor saam met die crêpes.