Voorverhit die oond tot 160 °C.

Hou ’n oondbak met ’n deksel en kombuistou byderhand.

  • Geur die skaaprib aan die binne- en buitekant met die sout en peper. Plaas die vleis met die velkant na onder op ’n werkoppervlak neer.
  • Vulsel: Meng al die bestanddele goed en versprei oor die skaaprib. Rol die rib op en bind stewig met die kombuistou vas. Plaas die rib in die oondbak en giet die aftreksel in. Sit die deksel op en rooster 2 uur – maak ná ’n uur seker daar is nog vloeistof in die bak; voeg 250 ml (1 k) water by as dit weggekook het.
  • Haal die deksel af en rooster nog 30 min. of tot die rib goudbruin is.
  • Raita: Meng al die bestanddele goed.
  • Vir voorsit: Haal die rib versigtig uit die bak uit en sny in dik skywe. Sit voor saam met die raita en ’n slaai van jou keuse.