• Ribbetjie: Plaas die lamsrib in ’n kastrol saam met die res van die bestanddele. Voeg water by om die vleis net-net te bedek. Verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut 2 uur of tot die vleis sag is.
  • Sous: Meng intussen al die bestanddele vir die sous. Haal die ribbetjie uit die water en laat dit afkoel terwyl jy die oond voorverhit tot 220 °C.
  • Verf die sous oor die ribbetjie en plaas in die oond. Bak tot bruin en bros. (Jy kan die ribbetjie ook op die vuur braai. Draai dit net gereeld om en verf gedurig met die sous.)
  • Vir voorsit: Sit die lamsribbetjie voor saam met die sagte rolletjies om die flentertjies vleis en enige sous in die bord mee op te vee. As jy ’n ware feesmaal van die lamsribbetjie wil maak, sit dit voor saam met gesnyde beet en rooi-uieslaai.