Geur die vleisrepies met die sout en peper. Sprinkel die meel oor en roer deur. Voeg die blomkool by en meng deur.

Krummel

  • Plaas die sonneblomsade en komyn in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyn.
  • Doop die vleisrepies en blomkool in die eiermengsel gevolg deur die krummels. Druk die krummels lekker stewig vas.
  • Pak die gekrummelde vleis en blomkool op ’n bord, bedek en verkoel minstens ’n uur of selfs oornag in die yskas.

Soet-suur sous

  • Plaas al die bestanddele buiten die mielieblompasta in ’n klein kastrol.
  • Verhit tot die mengsel begin prut – roer af en toe. Giet die mielieblompasta by en roer aanhoudend tot die sous begin verdik.
  • Hou eenkant tot nodig.

Afronding

  • Bespuit die mandjie van ’n lugbraaier met kossproei.
  • Drup die olie oor die vleis en blomkool en versprei in ’n enkellaag in die mandjie.
  • Rooster 12-15 min. of tot dit gaar en bros is.
  • Verdeel die noedels tussen opskepbakkies en pak die vleis en blomkool bo-op.
  • Skep van die sous oor en meng deur.
  • Rond af met die kruie en sit voor saam met die lemmetjiewiggies.