• Plaas die filet in ’n niemetaalbak, meng die sojasous, sesamolie, mirin of ryswyn en speserye en giet oor. Laat staan 30 min.
  • Soet-suur sous: Meng al die bestanddele en verhit tot die sous kook en verdik; roer gedurig.
  • Klits die eierwitte tot skuimerig. Plaas in ’n plat bak. Plaas die mielieblom in ’n ander plat bak. 
  • Verhit 2 cm diep olie in ’n wok of pan. Doop die filet in die eierwit, dan in die mielieblom en plaas die filet in die verhitte olie. Braai tot bruin alkant. Plaas op ’n bakplaat en plaas vir 5-10 min. in die oond tot net gaar van binne maar nie droog nie. 
  • Vir voorsit: Sprinkel die slaai op ’n opdienbord. Sny die filet in skywe van sowat 5 mm dik en rangskik bo-op. Skep van die warm sous oor.
  • Sit voor saam met die piekel en jasmynrys en sprinkel die sesam­sade oor. 
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!