Pekel

Meng al die bestanddele in ’n kastrol en bring vinnig tot kookpunt. Koel af tot kamertemperatuur.

Plaas die lamsribbetjie in die pekelmengsel en plaas vir 24 uur in die yskas. Verwyder die rib uit die pekel en maak dit goed droog. Braai sowat 1 uur oor matige kole of tot so gaar soos jy dit verkies.

Pietersieliesous

Meng al die bestanddele vir die pietersieliesous in ’n voedselverwerker, maar voeg net die sap van ’n halwe suurlemoen by.

Braai die ander suur­lemoenhelfte oor die kole tot geskroei en sit voor saam met die sous en ribbetjie.

VERSORG DEUR CARMEN NIEHAUS;  FOTO: JACQUES STANDER; RESEP: PIET MARAIS EN FRIK OOSTHUIZEN; KOSASSISTENTE: CARMEN PETERSEN, WALEED ALEXANDER EN ZOA WUSTROW