Voorverhit die oond tot 180 °C en plaas bakpapier op ’n bakplaat.

  • Vulsel: Meng al die bestanddele en geur met sout en peper.
  • Afronding: Verf een filovel met botter, plaas nog een bo-op en sny in kwarte.
  • Maak ’n pasta van mielieblom en water.
  • Skep vulsel in die middel van die deeg. Verf al die rande van die deeg met die pasta. Bring teenoorgestelde hoeke na mekaar toe, rol dit oor die vulsel en rol dan op na die ander kant toe. Herhaal met die res van die deeg en vulsel.
  • Pak die rolletjies op die bakplaat en bak 15-20 min. in die oond tot bros en goudbruin.