Voorverhit die oond tot 230 °C. Bespuit ’n bakplaat met kossproei. Hou ’n paar tandestokkies ­byderhand.

  • Klad die rugstring goed droog met kombuis­papier en geur oraloor met die sout en vars ­gemaalde ­peper. Sprinkel die knoffel en tiemie oor die rugstring.
  • Draai die repiespek om die vleis. Maak seker al die vleis is met die spek bedek en steek dit met die ­tandestokkies vas indien verkies.
  • Verhit die olie in ’n groot pan en braai die rug­string 5 min. of tot ­effens bruin om die ­kante. Draai die vleis ­gereeld om te verseker dit braai eweredig.
  • Plaas die vleis op die ­bereide bakplaat en verf die heuning oor. Rooster ­12-15 min. in die oond of tot gaar soos verkies. Haal die vleis uit die oond en laat minstens 10 min. rus.
  • Kapokaartappels: Druk al die bestanddele fyn en geur met sout na smaak. 
  • Vir voorsit: Skep die ­kapokaartappels op ’n ­opdienbord. Sny die vleis in porsies en pak dit bo-op die ­aartappels uit. Bedruip met enige ­vleissous wat op die bakplaat oorgebly het en garneer met die ­tiemie. Sit dadelik voor.

ALTERNATIEF: Volstruis- of selfs beesfilet kan ook in hierdie resep gebruik word. Vir ’n goedkoper opsie werk ­varkfilet net so goed.